Klimmer van Noorweë sterf op Tafelberg

Latest South Africa climbing news! Good news - Hard sends, first ascents, onsights, wicked redpoints, competitions, etc. Bad news - accidents, muggings, rockfalls, etc. You can also send it on over to info@climbing.co.za.

User avatar
Justin
Posts: 3252
Joined: Sat Apr 30, 2005 8:31 am
Real Name: Justin Lawson
Location: Montagu
Contact:

Klimmer van Noorweë sterf op Tafelberg

Postby Justin » Tue Dec 02, 2008 7:54 am

’n Noorse man (63) het gister omstreeks 16:00 op Tafelberg na sy dood geval.

Die man, wat glo op sy eie gaan stap het, het op die India Venster-roete geval en kort daarna gesterf.

Volgens mnr. Roy White, woordvoerder van Wildernis-soek-en-redding, het die man redelik ver geval.

Die Metro-noodhelikopter is na die toneel ontbied en het dadelik ’n dokter en paramedikus by die man afgelaai.

“Die man het erge beserings opgedoen,” het White gesê.

Hy vermoed die man was ’n redelik ervare stapper, omdat hy goeie toerusting by hom gehad het.

Kapt. Randall Stoffels, polisiewoordvoerder, het gesê die oorledene se naam mag nog nie bekend gemaak word nie, omdat sy familie nog nie in kennis gestel is nie.

“Die Noorse ambassade is in kennis gestel en sal die familie laat weet.”

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek begin en sal die saak verder ondersoek.

Klimmers moet verkieslik ’n gids op dié roete hê.

dieburger.com
Climb ZA - Administrator
justin@climbing.co.za

Social Media

     

Return to “South Africa Climbing News”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 1 guest